Acts 2:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En vrees het oor elke siel gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011
Diep ontsag het oor elke persoon gekom, en die apostels het baie wonders en wondertekens laat plaasvind.
Afrikaans 1933/1953
En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.
Afrikaans 1983
Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal is met ontsag vervul en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die ander Jode die wonderwerke en die tekens sien wat God die apostels laat doen het, het hulle almal besef dat dit God is wat dit laat gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad.