Acts 21:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl ons baie dae daar gebly het, het daar 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons was reeds ’n hele paar dae daar toe ’n profeet met die naam Agabus van Judea af daar aankom.
Afrikaans 1933/1953
En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judiaafgekom.
Afrikaans 1983
Nadat ons reeds 'n hele paar dae daar was, het daar 'n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl ons 'n hele paar dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam Agabus uit Judea daar aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het 'n lang tyd daar gebly. Terwyl ons daar was, het 'n profeet van Judea daar aangekom. Sy naam was Agabus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terwyl ons by Filippus gebly het, het ’n profeet uit Judea met die naam Agabus ook daar aangekom.