Acts 22:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het gesê: Here, hulle weet dat ek die wat in U geglo het, in elke sinagoge opgesluit en geslaan het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Toe het ék teëgestribbel: ‘Maar, Here, hulle weet dat ék die man is wat oral in die sinagoges die mense wat in U glo, gearresteer en laat slaan het.
Afrikaans 1933/1953
En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan;
Afrikaans 1983
Toe het ek gesê: ‘Ja, Here, hulle weet dat ek die man is wat oral in die sinagoges die mense wat in U glo, laat vang en laat slaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het ek gesê, ‘Here, hulle weet dat dit ek is wat diegene wat in U glo, in die tronk laat gooi en in die •sinagoges laat slaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En ek het vir Hom gesê: ‘Here, hulle weet self dat ek na al die sinagoges gegaan het, hulle weet dat ek die mense gevang het en geslaan het, die mense wat in U geglo het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek het die Here geantwoord: ‘Maar, Here, hierdie mense ken my. Hulle weet hoe ek vroeër almal wat in U glo in die tronk gegooi en in die sinagoges laat slaan het.