Acts 23:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarop gryp die owerste oor duisend hom aan die hand en gaan alleen saam met hom opsy en vra hom: Wat het jy om my te sê?
Afrikaans (NLV) 2011
Die offisier vat hom toe aan die hand, gaan met hom eenkant toe en vra vir hom: “Wat is dit wat jy aan my wil rapporteer?”
Afrikaans 1933/1953
Daarop vat die owerste oor duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: Wat het jy om aan my te vertel?
Afrikaans 1983
Die kommandant vat hom toe aan die hand, gaan met hom eenkant en vra vir hom: “Wat is dit wat jy my wil vertel?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die chiliarg het hom aan die hand gevat, eenkant toe geneem en gevra: “Wat is dit wat jy my wil vertel?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die hoof-offisier het die jongman se hand geneem en hy het hom 'n entjie verder weggeneem sodat hulle alleen kon wees. Hy het toe vir die jongman gevra: “Wat is dit wat jy vir my wil vertel?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die bevelvoerder het die jongman eenkant toe geneem en hom gevra: “Wat is dit wat jy vir my wil sê?”