Acts 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het geweet dat dit Hy was wat by die Pragtige poort van die tempel sit vir aalmoese, en hulle was vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hulle hom eien en besef dat dit hý is wat voor die tempel by Mooipoort gesit en bedel het, was hulle heeltemal verstom.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.
Afrikaans 1983
maar toe hulle besef dat dit hy is wat voor die tempel by die Mooipoort gesit en bedel het, was hulle baie verbaas en verwonder oor wat daar met hom gebeur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het hom herken as die een wat by die Mooipoort van die tempelterrein gesit het met die oog op aalmoese, en hulle was vol verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het hom geken, hulle het geweet dat hy die man was wat by die Mooi-poort van die tempel gesit het en geld gevra het. En hulle was baie verbaas oor wat met hom gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hulle agterkom dat dit hy was wat elke dag by die Mooipoort gesit en bedel het, kon hulle hulle oë nie glo nie.