Acts 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl die kreupele man wat genees is, Petrus en Johannes vashou, het die hele volk baie verwonderd na hulle gehardloop in die voorportaal wat Salomo s'n genoem word.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het van verwondering by die Pilaargang van Salomo saamgedrom terwyl die man gesorg het dat hy bý Petrus en Johannes bly.
Afrikaans 1933/1953
En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s'n genoem word.
Afrikaans 1983
Die man het vir Petrus en Johannes bly volg, en die mense wat almal uiters verbaas was, het na hulle toe gestroom in die Pilaargang van Salomo, soos dit genoem is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl die man aan •Petrus en Johannes bly vashou, het die hele volk stomgeslaan om hulle saamgedrom in die pilaargang bekend as die Pilaargang van Salomo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man het vasgehou aan Petrus en Johannes. Hulle het gestaan in die Pilaargang van Salomo en al die mense het na hulle toe gehardloop. Die mense was baie verbaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die mense ook nog sien hoe die man sy arms om Petrus en Johannes gooi, het hulle almal begin stroom na die Pilaargang van Salomo, waar Petrus-hulle gestaan het.