Acts 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die God van Abraham en van Isak en van Jakob, die God van ons vaders, het sy Seun Jesus verheerlik; wat julle oorgegee het en Hom voor Pilatus verloën het toe hy vasbeslote was om Hom te laat gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
“Dis die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders wat met hierdie daad Goddelike eer aan Jesus, sy Dienaar, gee. Dis hierdie selfde Jesus vir wie júlle uitgelewer en voor Pilatus verwerp het, al was Pilatus se uitspraak dat Hy vrygelaat moes word.
Afrikaans 1933/1953
Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.
Afrikaans 1983
Die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders, het aan Jesus, sy Dienaar, goddelike eer gegee — aan Hom vir wie júlle uitgelewer en voor Pilatus verwerp het toe hy beslis het dat Hy vrygelaat moes word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob, die God van ons voorvaders, het sy Dienskneg Jesus verheerlik – Hom wat julle oorgelewer het en voor •Pilatus verloën het, al het hy beslis dat Hy vrygelaat word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, dit is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob wat dit gedoen het. Ja, die God van ons voorvaders het dit gedoen. God het gesê sy Dienaar Jesus moet die Koning wees. Toe Jesus voor Pilatus gestaan het, wou Pilatus vir Jesus vry laat weggaan. Maar julle het Hom vir die Romeine gegee sodat hulle Hom kan doodmaak, julle wou Hom nie aanvaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Natuurlik nie. Al wat gebeur het, is dat die God van Abraham en Isak en Jakob vir Jesus, sy eie Seun, op hierdie manier eer kom aandoen het. Hy het hier voor julle almal kom wys hoe groot en sterk Jesus regtig is.