Acts 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar julle het die Heilige en die Regverdige verloën en begeer dat 'n moordenaar aan julle gegee word;
Afrikaans (NLV) 2011
Julle het hierdie heilige en opregte man verwerp, en eerder geëis dat ’n moordenaar vir julle vrygelaat word.
Afrikaans 1933/1953
En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat 'n moordenaar aan julle geskenk sou word,
Afrikaans 1983
Hy was heilig en opreg, maar júlle het Hom verwerp en gevra dat daar vir julle 'n moordenaar begenadig moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle, egter, het die Heilige en Regverdige verloën, en geëis dat 'n moordenaar vir julle begenadig word;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle wou nie die Heilige en Regverdige aanvaar nie. Julle het gevra dat Pilatus 'n moordenaar vry moet laat weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Onthou julle nog hoe julle nou die dag vir Jesus soos ’n misdadiger aan Pilatus uitgelewer het? Julle het julle rug vir Hom gedraai toe Pilatus julle die keuse gegee het om Hom los te laat. Julle het selfs gevra dat ’n moordenaar losgelaat word eerder as Hy.