Acts 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Vors van die lewe, wat God uit die dode opgewek het, gedood; waarvan ons getuies is.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle het die Bron van lewe doodgemaak, maar God het Hom uit die dood opgewek! Van Hóm is óns getuies!
Afrikaans 1933/1953
en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.
Afrikaans 1983
So het julle Hom, die Leidsman na die lewe toe, doodgemaak, maar God het Hom uit die dood opgewek, en daarvan is ons getuies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar julle het die Leidsman tot die lewe doodgemaak. God het Hom uit die dood opgewek – daarvan is ons getuies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar julle het die Leier doodgemaak wat vir mense die lewe wil gee. God het Hom weer laat lewe, en ons is die getuies daarvan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So het julle Hom wat aan julle die ware lewe kan gee, gaan staan en doodmaak. Maar gelukkig het God Jesus weer lewendig gemaak. Ons het dit met ons eie oë gesien.