Acts 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy Naam het deur geloof in sy Naam hierdie man wat julle sien en ken, sterk gemaak; ja, die geloof wat deur hom is, het hom hierdie volmaakte gesondheid voor julle almal gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Naam van Jesus het hierdie man se bene weer sterk gemaak — en julle weet hoe verlam hy was. “Geloof in die Naam van Jesus het hom heeltemal gesond laat word, hier reg voor julle oë.
Afrikaans 1933/1953
En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.
Afrikaans 1983
Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit was op grond van geloof in die Naam van Jesus dat sy Naam hierdie man wat julle sien en ken, sterk gemaak het. En die geloof wat deur Jesus kom, het in julle almal se teenwoordigheid hierdie volkome genesing aan hom gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie lam man het in Jesus geglo toe hy sy Naam hoor, daarom het Jesus die man se bene sterk gemaak. Julle sien hierdie man en julle ken hom. Jesus het vir die man die geloof gegee en hierdie geloof het hom heeltemal gesond gemaak, julle almal het dit gesien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wel, Jesus het nou deur ons hierdie verlamde man gesond gemaak. Julle almal kan dit tog sien. Sy geloof in Jesus was genoeg om hom te laat opstaan en loop.”