Acts 3:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Bekeer julle dan en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word, wanneer die tye van verkwikking van die aangesig van die Here sal kom;
Afrikaans (NLV) 2011
Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis.
Afrikaans 1933/1953
Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
Afrikaans 1983
Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bekeer julle en draai terug, sodat julle sondes uitgewis kan word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom moet julle nou julle lewe verander en julle moet lewe soos God wil hê. Julle moet na God toe gaan sodat Hy julle sondes heeltemal kan wegneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Nou moet julle julle sondes laat staan. Kom terug na God toe. Hy sal al julle sondes wat tussen julle en Hom staan, uit die pad vat. Hy sal nooit weer daaraan dink nie.