Acts 3:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat die hemel moet ontvang tot op die tye van herstel van alle dinge, wat God gespreek het deur die mond van al sy heilige profete van die begin van die wêreld af.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy moet in die hemel bly totdat die tyd aangebreek het wanneer God alles nuut maak, soos God dit lank gelede deur sy heilige profete belowe het.
Afrikaans 1933/1953
Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
Afrikaans 1983
Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. Dit het God reeds lank gelede deur sy heilige profete gesê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die hemel moet Hom verwelkom tot op die tyd van die herstel van alle dinge, waarvan God lank gelede by monde van sy heilige profete gepraat het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. God het al hierdie dinge lank gelede gesê toe Hy vir sy gewyde profete gesê het om dit te sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Totdat dit gebeur, bly Hy in sy hemelse woonplek. Dit is hoekom julle Hom nie nou kan sien nie. Maar Jesus sal sekerlik terugkom om alles hier op aarde nuut te maak. Dit het God lank gelede deur sy profete belowe.