Acts 3:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit sal gebeur dat elke siel wat nie na daardie profeet luister nie, onder die volk verdelg sal word.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het ook nog verder gesê: ‘Elkeen wat nie na daardie Profeet luister nie, sal van die volk van God afgesny en vernietig word.’
Afrikaans 1933/1953
En elke siel wat nie na die Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.
Afrikaans 1983
Elkeen wat nie hierdie Profeet gehoorsaam nie, moet van die volk afgesny word.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen wat nie na daardie profeet luister nie, sal onder die volk uitgedelg word.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkeen wat nie luister na daardie profeet nie, moet dit weet: Die Here sal hom wegvat van sy mense.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Doen alles wat hy vir julle sê! Elkeen wat nie na hom luister nie, sal doodgemaak word. Hulle sal nie meer deel wees van God se volk nie.’