Acts 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Petrus: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, gee ek jou: in die Naam van Jesus Christus, die Nasaret, staan op en loop.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Petrus sê: “Geld het ek nie. Maar wat ek het, dít gee ek vir jou: Op gesag van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”
Afrikaans 1933/1953
Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasar,ner, staan op en loop!
Afrikaans 1983
Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Petrus het gesê: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Petrus: “Ek het nie geld nie, maar ek gee vir jou wat ek het. Jesus Christus van Nasaret het my gestuur. Daarom mag ek sy Naam sê en vir jou sê: Staan op en loop.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek het nie ’n sent op my naam nie,” het Petrus gesê. “Maar ek gaan vir jou iets baie beters gee. Ek sê nou vir jou in die Naam van Jesus Christus: staan op en loop!”