Acts 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het hom aan die regterhand gegryp en hom opgetel, en dadelik het sy voete en enkelbene krag gekry.
Afrikaans (NLV) 2011
Petrus vat die man toe aan sy regterhand en help hom op. En onmiddellik het sy voete en enkels gesond en sterk geword.
Afrikaans 1933/1953
Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
Afrikaans 1983
Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hom aan sy regterhand gegryp en opgehelp. Onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe neem Petrus die man se regter-hand en hy help hom om op te staan. Die man se voete en enkels het dadelik sterk geword
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Petrus vat toe die man se regterhand en trek hom op. Onmiddellik het sy voete en enkels nuwe lewe gekry sodat hy kon opstaan en loop.