Acts 4:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou, Here, kyk na hulle dreigemente; en gee aan u dienaars, dat hulle met alle vrymoedigheid u woord kan spreek,
Afrikaans (NLV) 2011
En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig.
Afrikaans 1933/1953
En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,
Afrikaans 1983
“En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nou, Here, slaan ag op hulle dreigemente, en gee dat u diensknegte u boodskap met alle vrymoedigheid verkondig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, hulle hou aan om te sê dat hulle ons sal straf. U moet nou vir ons, u dienaars, help sodat ons nie bang sal wees om u boodskap te bring nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Nou is hierdie spul mense al weer besig met hulle bose planne. Sien asseblief tog raak hoe hulle ons probeer bangpraat. Ons is u diensknegte. Help ons sodat ons nie vir hulle bang sal wees nie. Help ons om steeds te bly praat oor u wonderlike plan om sondaars te red.