Acts 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Ananias: Here, ek het by baie van hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Ananias het geantwoord: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor — watter kwaad hy die gelowiges in Jerusalem aangedoen het!
Afrikaans 1933/1953
Maar Anan¡as antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;
Afrikaans 1983
Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ananias het geantwoord: “Here, ek het by baie mense van hierdie man gehoor, van al die kwaad wat hy u •heiliges in Jerusalem aangedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Ananias het vir die Here gesê: “Here, baie mense het vir my vertel dat hierdie man baie slegte dinge in Jerusalem gedoen het aan die mense wat in U glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ananias het geskrik toe hy dit hoor: “Here, heelwat mense het my al teen hierdie man gewaarsku. Dis hy wat u kinders in Jerusalem so wreed vervolg.