Amos 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Edom en oor vier sal Ek die straf daarvan nie afwend nie; want hy het sy broer met die swaard agtervolg en alle jammerte verwerp, en sy toorn het gedurigdeur geskeur, en hy het sy toorn vir ewig bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Die mense van Edom het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het hulle bloedverwante, die Israeliete, genadeloos met swaarde agtervolg. Hulle het ’n ewige haat vir Israel gehad, ’n woede wat bly opvlam.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Edom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.
Afrikaans 1983
So sê die Here: Selfs as Edom net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hy het die Israeliete, sy broers, agtervolg met die swaard en die broederliefde verloën, hy het hulle in sy toorn verskeur, sy woede het bly kook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here: “Oor drie oortredings van Edom, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het. Hy het sy meegevoel onderdruk, en in sy toorn het hy sonder ophou verskeur; hy het onverpoos met sy gramskap volgehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Die mense van die land Edom het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het oorlog gemaak teen mense wat familie is van hulle. Hulle was nie jammer vir hulle familie nie. Hulle het aangehou om mense dood te maak. Hulle het kwaad gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So sê die Here: “Edom het al baie foute gemaak. Daar is een ding wat hy gedoen het waarvoor Ek hom nooit sal vergewe nie: hy het sy broersvolk Israel met wapens bly agtervolg sonder om hom te spaar. Hy het ’n vreeslike haat vir Israel wat net nie wil ophou nie.