Amos 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sal 'n vuur op Teman stuur, wat die paleise van Bosra sal verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom sal Ek Teman afbrand en die vestings van Bosra verteer.”
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
Afrikaans 1983
Daarom sal Ek in Teman 'n vuur laat losbreek en dit sal die mooi huise van Bosra verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal vuur slinger teen Teman; dit sal die vestings in Bosra verteer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sal Ek 'n vuur stuur na die stad Teman, en die stad Bosra se mooi huise sal afbrand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal ’n vuur in Teman aan die gang sit. Dit sal die skuilplekke van Bosra verwoes.”