Amos 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van die kinders van Ammon, en oor vier, sal Ek die straf daarvan nie afwend nie; omdat hulle die swanger vroue van Gílead opgeskeur het, om hul grens te vergroot.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het gesê: “Die mense van Ammon het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Toe hulle Gilead aangeval het om hulle grense uit te brei, het hulle selfs swanger vroue oopgesny.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van die kinders van Ammon, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die swanger vroue van G¡lead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.
Afrikaans 1983
So sê die Here: Selfs as die Ammoniete net drie keer sonde gedoen het, sou Ek hulle straf nie herroep het nie. Maar nou het hulle 'n vierde sonde daarby gevoeg: hulle het swanger vrouens in Gilead oopgesny en hulle eie gebied uitgebrei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here: “Oor drie oortredings van die Ammoniete, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hulle swanger vroue van Gilead oopgekloof het sodat hulle hulle grondgebied kon uitbrei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Die Ammoniete het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het oorlog gemaak om meer grond te kry in die land Gilead, en toe het hulle swanger vroue oopgesny.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So sê die Here oor Ammon: “Van alles wat die Ammoniete verkeerd gedoen het, is die ergste een waarvoor Ek hulle net nie kan vergewe nie, dat hulle baklei het om meer grond in die hande te kry. Hulle het nie eens twee maal gedink voor hulle in Gilead vroue wat babas verwag het met swaarde oopgesny het nie.