Amos 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sal 'n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met gejuig op die dag van oorlog, met 'n storm op die dag van die storm.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom sal Ek ’n vuur aansteek in die mure van Rabba en hulle vestings verteer. Op die dag van die veldslag sal krete opgaan. Die dag as ’n orkaan jou tref, sal dit wees soos ’n stormwind.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal Ek 'n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in 'n storm op die dag van die orkaan.
Afrikaans 1983
Daarom sal Ek binne die mure van Rabba 'n vuur aansteek en dit sal sy mooi huise verteer. Dié dag sal daar geskreeu word en sal daar oorlog wees, 'n storm, 'n orkaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek steek 'n vuur aan in die stadsmuur van Rabba; dit sal sy vestings verteer te midde van strydkrete op die dag van oorlog, in 'n orkaan op die dag van stormwind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sal Ek die stad Rabba en sy mooi huise afbrand. Die vyande sal hard skree wanneer hulle die stad aanval, hulle sal soos 'n stormwind deur die stad gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal ’n vuur in Rabba aan die brand steek. Dit sal hulle huise afbrand. Die dag wanneer die vyand hulle aanval, sal daar oorlogskrete wees. Dit sal wees soos wanneer die stormwind van ’n orkaan jou tref.