Amos 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste saam, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle koning en sy amptenare sal saam in ballingskap gaan.” Dit is wat die Here gesê het!
Afrikaans 1933/1953
En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame, sê die HERE.
Afrikaans 1983
Hulle koning sal in ballingskap weggevoer word, hy en sy amptenare saam met hom, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy •hoë amptenare saam met hom.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sal die Ammoniete se koning en sy amptenare vang en wegvat na 'n ander land.” Dit is wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning van Rabba en sy raadgewers sal gevang en na ’n vreemde land toe weggevat word.”