Amos 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het gesê: Die HERE sal brul uit Sion en sy stem verhef uit Jerusalem; en die woonplekke van die herders sal treur, en die top van Karmel sal verdor.
Afrikaans (NLV) 2011
Amos het die volgende gesê: “Die Here brul uit Sion, sy stem dreun uit Jerusalem! Die weivelde kwyn weg. Die gras bo-op Karmel verdor.”
Afrikaans 1933/1953
En hy het gesê: Die HERE brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.
Afrikaans 1983
Amos het gesê: Wanneer die Here uit Sion brul, wanneer Hy sy stem uit Jerusalem laat hoor, verdor die weivelde van die herders en verdroog die top van Karmelberg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gesê: “Die Here brul uit Sion, uit Jerusalem laat Hy sy stem hoor. Die weivelde van die herders verdroog, die top van Karmel verdor.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Amos het gesê: “Wanneer die Here uit Jerusalem praat, dan is dit soos 'n leeu wat brul. Dan word die veld droog waar die skape moet wei, die plante op Karmel-berg gaan dood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die Here brul soos ’n leeu in Sion. Sy stem weergalm deur Jerusalem. Die weivelde vir die diere verdroog. Die gras bo-op Karmel gaan dood.”