Amos 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE; Oor drie oortredinge van Damaskus en oor vier sal Ek die straf daarvan nie afwend nie; omdat hulle Gílead met yster dorswerktuie gedors het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Die mense van Damaskus het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het die mense van Gilead soos graan met ’n ysterslee vertrap.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Damaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle G¡lead met ysterdorssleë gedors het.
Afrikaans 1983
So sê die Here: Selfs as Damaskus net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hy het vir Gilead met skerp ysters gemartel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here: “Oor drie oortredings van Damaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hulle Gilead met dorssleë van yster gedors het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Die mense van die stad Damaskus het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het wrede dinge gedoen aan die mense van die land Gilead.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: “Van al die oortredings van Damaskus is daar spesifiek een ding wat hy gedoen het waarvoor Ek hom nie kan vergewe nie. Hy het die mense van Gilead uitgewis. Soos ’n mens met ’n ysterslee graan platsleep, het hy hulle van die aarde af weggevee.