Amos 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sal 'n vuur in die huis van Hásael stuur, wat die paleise van Benhadad sal verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom sal Ek die paleis van koning Gasael afbrand. Die vestings van Ben-Hadad sal Ek vernietig.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die huis van H sael, en dit sal die paleise van B,nhadad verteer.
Afrikaans 1983
Daarom sal Ek in die paleis van Gasael 'n vuur laat losbreek en dit sal die mooi huise van Ben-Hadad verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal vuur slinger teen die huis van Gasael; dit sal die vestings van Ben-Hadad verteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal 'n vuur stuur na die huis wat koning Gasael gebou het, en die mooi huise wat koning Ben-Hadad gebou het, sal afbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My straf sal wees soos vuur wat kom, en die huis van koning Hasael tot op die grond afbrand. Ben-Hadad sit en regeer in sy paleis. Ek sal dit stopsit. Hy sal nie langer koning wees nie.