Amos 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal ook die grendel van Damaskus breek en die inwoners uit die vlakte van Aven uitroei en hom wat die septer vashou uit die huis van Eden; en die mense van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Damaskus se hekgrendels sal Ek stukkend breek, die inwoners van Bikat-Awen sal Ek uitroei. Die leier van Bet-Eden sal Ek uitruk en die mense van Sirië as gevangenes na Kir laat wegvoer.” So sê die Here.
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê die HERE.
Afrikaans 1983
Ek sal die grendels van Damaskus stukkend breek, die inwoners van Bikat-Awen en die regeerder van Bet-Eden uitroei. Die Arameërs sal in ballingskap na Kir toe weggevoer word, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal die sluitbalk van Damaskus breek; Ek sal die een wat op die troon sit, met geweld uit Bikat-Awen verwyder, die septerdraer uit Bet-Eden; en die volk van Aram sal na Kir in ballingskap gaan.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal die poort van Damaskus oopbreek. Ek sal al die mense wat in Bikat-Awen woon, doodmaak saam met die koning in die stad Bet-Eden. Die vyande sal die Arameërs vang en wegvat na die land Kir.” Dit is wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal die slotte oopbreek waarmee die inwoners van Damaskus die hekke van hulle stad gesluit het. Ek sal almal van Sirië uitroei wat in die laagte van Bikat-Awen bly. Ek sal die leiers van Bet-Eden gryp. Almal wat in Sirië bly, sal gevang en teen hulle sin na Kir toe gevat word.” Dis wat die Here oor Damaskus sê.