Amos 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Gasa en oor vier sal Ek die straf daarvan nie afwend nie; omdat hulle die hele ballingskap weggevoer het om hulle aan Edom oor te lewer.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Die mense van Gasa het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het my volk in ballingskap laat gaan, hulle aan Edom as slawe verkoop.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om dit aan Edom uit te lewer.
Afrikaans 1983
So sê die Here: Selfs as Gasa net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hy het mense voor die voet as ballinge weggevoer en aan Edom uitgelewer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here: “Oor drie oortredings van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hulle 'n hele gemeenskap weggevoer het as ballinge om hulle aan Edom oor te lewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Die mense van die stad Gasa het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het in party stede al die mense gevang en verkoop, en die mense het die Edomiete se slawe geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: “Van al die baie oortredings van Gasa is daar een spesifiek waarvoor Ek hom nie kan vergewe nie. Hy het al die mense wat op een plek bly, gaan vang en hulle almal aan Edom uitgelewer.