Amos 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sal 'n vuur op die muur van Gasa stuur, wat sy paleise sal verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal die mure van Gasa afbrand, Ek sal hulle vestings vernietig.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
Afrikaans 1983
Daarom sal Ek binne die mure van Gasa 'n vuur laat losbreek en dit sal sy mooi huise verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal vuur slinger teen die stadsmuur van Gasa; dit sal sy vestings verteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sal Ek 'n vuur stuur na die stad Gasa. Sy mooi huise sal afbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal die huise waarin die mense in Gasa wegkruip tot op die grond laat afbrand.