Amos 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal die inwoner uit Asdod uitroei en hom wat die septer vashou uit Askelon, en Ek sal my hand teen Ekron draai; en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die inwoners van Asdod sal Ek uitwis, die koning van Askelon uitroei. Daarna sal Ek Ekron aanval, en die Filistyne wat oor is, sal ophou bestaan.” So sê die oppermagtige Here!
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal die inwoners uit Asdod uitroei en die wat die septer dra, uit Askelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die Here HERE.
Afrikaans 1983
Ek sal die inwoners van Asdod en die regeerder van Askelon uitroei. Ek sal my hand teen Ekron oplig, en die Filistyne wat nog oor is, sal omkom, sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal die een wat op die troon sit, met geweld uit Asdod verwyder, die septerdraer uit Askelon. Ek sal my hand teen Ekron draai, en dié wat oorgebly het van die Filistyne sal omkom.” Dit het my Heer, die Here, gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal al die mense van die stad Asdod doodmaak, en ook die koning in die stad Askelon. Ek sal die mense in die stad Ekron straf. Die Filistyne wat oorgebly het, sal sterf.” Dit is wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal almal doodmaak wat in Asdod bly. Ek sal die koning van Askelon uitwis. Ek sal op Ekron toesak. Al die Filistyne wat nog daar oor is, sal doodgaan.” Dit is wat die Here oor die Filistyne sê.