Amos 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Tirus, en oor vier, sal Ek die straf daarvan nie afwend nie; omdat hulle die hele ballingskap aan Edom oorgegee het en aan die broederverbond nie gedink het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê verder: “Die mense van Tirus het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle ooreenkoms met Israel het hulle nie nagekom nie. Hulle het hele gemeenskappe weggevoer en hulle aan Edom uitgelewer.
Afrikaans 1933/1953
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.
Afrikaans 1983
So sê die Here: Selfs as Tirus net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hy het mense voor die voet as ballinge aan Edom uitgelewer en nie aan die ooreenkoms met sy bondgenote gedink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So sê die Here: “Oor drie oortredings van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hulle 'n hele gemeenskap as ballinge oorgelewer het aan Edom, en nie die verbond tussen broers in ag geneem het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Die mense van die stad Tirus het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het in party stede al die mense wat gevangenes was, verkoop aan die Edomiete en die mense het die Edomiete se slawe geword. Die mense van Tirus het vergeet dat hulle 'n ooreenkoms met daardie mense gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So sê die Here: “Van al die oortredings van Tirus is daar die een waarvoor Ek hom nie kan vergewe nie. Hy het ook ’n hele dorp se mense gevang en hulle almal aan Edom gaan uitlewer. Hy het die ooreenkoms wat hy met hulle gemaak het om altyd hulle vriend te wees, in die wind geslaan asof hy dit nooit gemaak het nie.