Amos 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek het uit julle seuns vir profete opgewek en uit julle jongmanne vir Nasireërs. Is dit nie ook so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Sommige van julle seuns het Ek gekies om profete te wees. Ander jong mans het Ek gekies om nasireërs te wees.” Die Here vra: “Is dit nie so nie, mense van Israel?
Afrikaans 1933/1953
En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Ek het van julle seuns as profete laat optree en van julle jongmanne as nasireërs. Is dit nie so nie, Israeliete? vra die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het van julle seuns as profete laat optree en van julle jong manne as •nasireërs. Is dit nie so nie, Israeliete?” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het party van julle seuns gekies om profete te wees, en Ek het party van julle jongmanne gekies om nasireërs te wees. “Is dit waar of is dit nie waar nie, mense van Israel?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek het julle seuns geroep om my boodskap te bring. Ek het jongmans geroep om hulle hele lewe as nasireërs aan my te wy. Julle, Israeliete, moet nou vir my sê as dit nie so is nie. Julle moet sê as dit nie is wat Ek alles vir julle gedoen het nie,” sê die Here.