Amos 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal die vlug vergaan van die vinniges, en die sterke sal sy mag nie versterk nie, en die held sal homself nie red nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle vinnigste hardlopers sal nie wegkom nie. Die sterkes se krag sal nutteloos wees. Selfs die dapperste vegters sal hulleself nie kan red nie.
Afrikaans 1933/1953
sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.
Afrikaans 1983
Die vinnige sal nie kan vlug nie, die sterke se krag sal hom niks baat nie, die dapper soldaat sal homself nie kan red nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Toevlugsoord vir die vinnige het verlore gegaan; die sterke sal nie sy krag kan inspan nie en die held nie sy eie lewe kan red nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense wat vinnig kan hardloop, sal nie kan weghardloop nie. Sterk mense sal nie sterk genoeg wees nie. Soldate sal hulleself nie kan red nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vinnigstes onder julle sal nie eens kan wegkom nie. Die krag van die sterkes sal hulle niks help nie. Die dapper helde sal nie eens hulleself kan red nie.