Amos 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat hyg na die stof van die aarde op die kop van die armes, en die weg van die sagmoediges afwyk, en 'n man en sy vader sal by dieselfde diensmeisie ingaan om my heilige Naam te ontheilig.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle vertrap hulpelose mense in die stof van die aarde. Hulle tree onregverdig op teenoor behoeftige mense. ’n Seun en sy pa slaap by dieselfde meisie. So bring hulle my Naam in die skande.
Afrikaans 1933/1953
Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.
Afrikaans 1983
hulle trap swakkes se koppe plat in die grond en veronreg dié wat hulleself nie kan verweer nie; pa en seun kuier by dieselfde meisie en doen my heilige Naam oneer aan;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle trap op die stof van die aarde, op die koppe van armes; en stoot weerloses uit die pad. 'n Man en sy vader gaan na dieselfde meisie, sodat hulle my heilige Naam ontheilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle trap die arm mense se koppe in die grond in. Hulle doen nie reg aan die mense wat niks het nie. 'n Jongman en sy pa slaap by dieselfde slawe-meisie, en so ontwy hulle my heilige Naam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle trap dié wat hulpeloos is, nog verder in die grond in. Hulle is onregverdig met dié wat alreeds swaarkry. Hulle bring my groot Naam in die skande. Pa en seun slaap by dieselfde meisie.