Amos 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle gaan lê op klere wat by elke altaar as pand gelê is, en hulle drink die wyn van die veroordeeldes in die huis van hulle god.
Afrikaans (NLV) 2011
By elke altaar lê hulle op klere wat hulle as pand gevat het. In die tempel van hulle god drink hulle wyn wat met boetegeld gekoop is.
Afrikaans 1933/1953
En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.
Afrikaans 1983
langs elke altaar strek die Israeliete hulle uit op klere wat as pand gevat is; in die huis van hulle God drink hulle die wyn van dié wat uitgebuit is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op klere wat as pand geneem is, strek hulle hulle uit langs elke altaar; en wyn wat as boetes geneem is, drink hulle in die huis van hulle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle vat die klere van mense wat vir hulle geld skuld en gaan lê op daardie klere by die altare. Hulle laat mense boete betaal met wyn, en dan drink hulle die wyn in die huis van hulle God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle lê by die altaar waar daar geoffer word op klere wat hulle van arm mense gevat het. By die Here se tempel drink hulle die wyn waarmee ander mense hulle boete moes betaal.