Amos 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle wat bly is oor iets wat niks is nie, wat sê: Het ons nie uit eie krag horings vir ons geneem nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Julle spog oor Lo-Dabar en sê: ‘Het ons nie Karnajim op eie krag ingeneem nie?’”
Afrikaans 1933/1953
Julle wat bly is oor 'n nietige ding, wat sê: Het ons nie deur ons eie krag horings gekry nie?
Afrikaans 1983
Julle verheug julle oor Lo-Dabar, julle sê: “Dit is tog deur ons eie krag dat ons Karnajim vir ons teruggevat het!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle is bly oor Lo-Dabar. Julle sê: “Het ons nie met eie krag Karnajim vir ons verower nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle spog dat julle die twee stede Lo-Dabar en Karnajim oorwin het. Julle sê julle het dit gedoen omdat julle self so sterk is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle is bly oor ’n plekkie soos Lo-Dabar, wat eintlik niks beteken nie. Julle spog dat julle met julle horings en julle eie krag Karnajim (wat “horings” beteken) ingeneem het.