Colossians 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en ons oorgebring het in die koninkryk van sy dierbare Seun.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring on­der die ko­nings­heerskappy van sy gelief­de Seun.
Afrikaans 1933/1953
Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
Afrikaans 1983
Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het ons uit die mag van die duisternis gered, en verplaas na die •koninkryk van sy geliefde Seun –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God die Vader het ons gered van die duiwel en nou weet ons dat sy Seun ons Koning is, sy Seun vir wie Hy baie lief is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wel, ons was eers in die donker mag van God se vyande vasgevang. God het ons egter uit hulle mag geruk. Nou staan ons onder die mag van sy Seun. Dit is die Seun wat Hy liefhet.