Colossians 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie is die beeld van die onsigbare God, die eersgeborene van elke skepsel;
Afrikaans (NLV) 2011
Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping,
Afrikaans 1933/1953
Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
Afrikaans 1983
Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Seun is die beeld van die onsigbare God, die •Eersgeborene oor die hele skepping;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Niemand kan vir God sien nie, maar God se Seun het vir ons kom wys hoe God is. Die Seun is die Eerste, die belangrikste van alles in die hemel en op die aarde,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons kan God nie met ons oë sien nie. Sy Seun is egter die beeld van God. Deur na Hom te kyk sien ons wie en hoe God is. Niks in die skepping kan met Hom vergelyk word nie. Hoekom nie?