Colossians 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan die heiliges en getroue broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons skryf aan God se mense in Kolosse, gelowige broers en susters wat aan God verbonde is. Mag die genade en vrede van God ons Vader met julle wees.
Afrikaans 1933/1953
aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
Afrikaans 1983
Aan almal in Kolosse wat aan God behoort, getroue broers in Christus. Genade en vrede vir julle van God ons Vader!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
aan die heiliges in Kolosse, gelowige broers in Christus: Genade vir julle en vrede van God, ons Vader!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
skryf hierdie brief vir julle daar in die stad Kolosse. Vriende, julle behoort aan God, julle glo in Christus en julle behoort ook aan Hom. Ons bid dat God ons Vader genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie brief is bedoel vir al die mense van Kolosse wat spesiaal net God s’n is. Ek skryf vir julle wat in Jesus glo en daarom deel van God se hegte familie is. Mag God, ons Vader, vir julle baie goed wees. Mag Hy vir julle daardie diep vrede gee wat net Hy kan gee. Dank God dat julle Christene is!