Colossians 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle, wat eens vervreemd en vyande in julle gemoed was deur bose werke, maar nou het Hy versoen;
Afrikaans (NLV) 2011
Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde da­de het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is.
Afrikaans 1933/1953
Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen
Afrikaans 1983
Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook julle was voorheen van Hom vervreem, ja, vyandiggesind teenoor Hom, op grond van julle slegte dade;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Voorheen was julle ver van God, julle was God se vyande en julle het slegte dinge gedink en gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle onthou mos hoe julle voorheen op die verkeerde pad was. Julle was nie God se vriende nie; inteendeel, julle was sy vyande. Julle slegte gesindheid het veroorsaak dat julle net so sleg opgetree het.