Colossians 1:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Selfs die verborgenheid wat van eeue en geslagte verborge was, maar nou aan sy heiliges openbaar gemaak is.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie boodskap was vir eeue en geslagte lank ’n geheim, maar nou het God dit aan sy eie mense bekendgemaak.
Afrikaans 1933/1953
naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,
Afrikaans 1983
Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die misterie wat vir eeue en geslagte lank verborge was, is nou aan sy •heiliges bekend gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense het voorheen nooit geweet van die boodskap oor Christus nie. Maar nou het God dit vertel vir almal wat aan Hom behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op my skouers rus die verantwoordelikheid om die boodskap van God van begin tot end aan julle te verduidelik.