Colossians 1:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan wie God sou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is; wat Christus in julle is, die hoop van die heerlikheid:
Afrikaans (NLV) 2011
God het be­sluit om aan hulle bekend te maak hoe wonder­lik die heer­likheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die ge­heim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heer­lik­heid sal deel.
Afrikaans 1933/1953
aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.
Afrikaans 1983
God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe ryk die heerlikheid van hierdie misterie vir alle nasies is: Christus is in julle, die hoop op die heerlikheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God wou hê almal wat aan Hom behoort, moet sy boodskap ken. God wou hê hulle moet weet van die groot wonderwerk dat die boodskap oor Christus by die heidene moes kom, 'n boodskap wat niemand voorheen geken het nie. Julle wat heidene is, moet nou weet dat Christus ook in julle is, en daarom kan julle seker wees dat julle ook by God, die Koning, sal wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God het ’n geheim gehad. Baie eeue en geslagte lank het niemand geweet wat dit is nie. Maar die geheim is nou bekend. God het besluit om aan sy eie mense die geheim te vertel. Hulle weet nou hoe ongelooflik wonderlik hierdie geheim is, veral vir nie-Jode. Die geheim is dit: Christus is vir almal, ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. Hy sal vir julle die wonderlike dinge gee wat ’n mens net by God kan kry.