Colossians 1:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hom verkondig ons deur elke mens te waarsku en elke mens in alle wysheid te leer; sodat ons elke mens volmaak kan stel in Christus Jesus:
Afrikaans (NLV) 2011
Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig. So wil ons graag elke mens in ’n vol­maak­te verhou­ding met Christus voor God laat staan.
Afrikaans 1933/1953
Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;
Afrikaans 1983
Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan, en elke mens in alle wysheid onderrig, sodat ons elke mens voor God kan stel as volwasse in Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons preek oor Christus en ons gebruik al ons wysheid om al die mense te waarsku en vir hulle te leer. Ons wil hê hulle moet almal aan Christus behoort en hulle moet alles doen wat God wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die inhoud van ons verkondiging gaan juis oor Christus. Ons praat reguit met almal oor Hom en leer hulle alles wat hulle van God en hulleself af moet weet. Ek wil hê dat elke mens die goddelike doel in sy lewe moet bereik. Dit is alleen moontlik deur ’n intieme verhouding met Christus.