Colossians 1:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waartoe ek ook arbei en stry volgens sy werking, wat kragtig in my werk.
Afrikaans (NLV) 2011
Hiervoor werk en stry ek met Christus se krag wat magtig in my aan die werk is.
Afrikaans 1933/1953
waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.
Afrikaans 1983
Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarvoor span ek my ook in, terwyl ek die worstelstryd voer, in ooreenstemming met sy krag, wat met mag in my werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarvoor werk ek baie hard, want God gee vir my die krag om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarvoor gee ek alles. Ek werk hard en doelgerig daarvoor soos iemand wat in ’n resies alles uithaal. Die krag om dit te doen kom van Jesus af.