Colossians 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ons dank God en die Vader van onse Here Jesus Christus, terwyl ons altyd vir julle bid,
Afrikaans (NLV) 2011
In al ons gebede dank ons God, die Va­der van ons Here Jesus Christus, vir julle,
Afrikaans 1933/1953
Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,
Afrikaans 1983
Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elke keer wanneer ons vir julle bid, dank ons God, die Vader van ons Here Jesus •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons bid baie vir julle, en dan sê ons elke maal dankie vir God, die Vader van ons Here Jesus Christus,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer ek bid, kan ek God nie genoeg dankie sê vir wat Hy vir julle doen nie. Ek praat nie sommer van enige god nie. Ek praat van God, die Vader van Jesus Christus, ons Here.