Colossians 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vir die hoop wat vir julle weggelê is in die hemel, waarvan julle tevore gehoor het in die woord van die waarheid van die evangelie;
Afrikaans (NLV) 2011
Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir jul­le gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan jul­le verkondig is.
Afrikaans 1933/1953
vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,
Afrikaans 1983
Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
op grond van die hoop wat in die hemel op julle wag. Julle het al hiervan gehoor toe die woord van die waarheid, die evangelie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle glo en julle weet wat God vir julle in die hemel gebêre het. Julle het daarvan gehoor toe julle die goeie boodskap gehoor het, die boodskap wat waar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit doen julle omdat julle vir seker weet dat God self alles waarborg wat Hy vir julle belowe het en vir julle reg hou. Vir hierdie goeie nuus staan God self in.