Colossians 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat na julle toe gekom het, soos in die hele wêreld; en dra vrug soos dit ook by julle doen, van die dag af dat julle daarvan gehoor het en die genade van God in waarheid geken het.
Afrikaans (NLV) 2011
Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het.
Afrikaans 1933/1953
wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;
Afrikaans 1983
Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
julle bereik het. Soos oral in die wêreld, het die evangelie, van die dag dat julle van God se genade gehoor en dit werklik verstaan het, ook onder julle begin vrug dra en groei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Meer en meer mense hoor die goeie boodskap en hulle doen dan wat God wil hê. Julle ook, julle het die goeie boodskap gehoor en julle het besef dat God baie goed is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle is nie die enigstes wat die goeie nuus gehoor het nie. Oor die hele wêreld het die wonderlike nuus al by mense uitgekom en steeds versprei dit soos ’n veldbrand. Net mooi oral kom ’n mens die vrugte daarvan teë. Julle het self mos ervaring daarvan. Van die dag af dat dit tot julle deurgedring het hoe goed God vir julle is sonder dat julle dit regtig verdien, weet julle dat die ware God aan die werk is.