Colossians 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos julle ook geleer het van Epafras, ons dierbare mededienskneg, wat vir julle 'n getroue dienaar van Christus is;
Afrikaans (NLV) 2011
Epafras, ons geliefde medewerker, het julle daar­van geleer. Sy getroue diens aan Christus is in julle belang.
Afrikaans 1933/1953
soos julle ook geleer het van pafras, ons geliefde mededienskneg, wat 'n getroue dienaar van Christus vir julle is,
Afrikaans 1983
Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en 'n getroue dienaar van Christus in julle belang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit het julle geleer by Epafras, ons geliefde medewerker, wat ter wille van julle 'n getroue dienskneg van Christus is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Epafras het vir julle vertel dat God baie goed is. Epafras werk saam met my, en ek is lief vir hom en ek weet hy doen altyd sy werk baie goed. Hy werk vir Christus daar by julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
By Epafras het julle alles geleer. Hy is regtig ’n staatmaker en ek hou baie van hom. Hy werk hard saam met my vir die Here. Hy is iemand op wie Christus regtig peil kan trek. Julle het natuurlik ook die vrugte van sy goeie werk gepluk.