Colossians 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom hou ons ook nie op van die dag af dat ons dit gehoor het nie, om vir julle te bid en te begeer dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig;
Afrikaans (NLV) 2011
Van die dag af wat ons dít oor julle gehoor het, hou ons daarom nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy gees­te­like wysheid en insig aan julle sal gee so­dat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê.
Afrikaans 1933/1953
Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,
Afrikaans 1983
Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vandat ons gehoor het wat Epafras vir ons gesê het, bid ons elke dag vir julle. Ons bid en vra dat julle sal weet wat God wil hê julle moet doen. Ons bid dat die Heilige Gees vir julle sal help om te verstaan wat God wil hê julle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vandat ons al hierdie dinge oor julle gehoor het, bid ons aanmekaar vir julle. Ons vra dat God vir julle al die kennis sal gee wat julle nodig het om reg te leef. Mag die Heilige Gees julle duidelik wys hoe julle moet leef.