Colossians 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle is volmaak in Hom, wat die Hoof is van alle owerheid en mag.
Afrikaans (NLV) 2011
En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid — Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.
Afrikaans 1933/1953
en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;
Afrikaans 1983
en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle behoort aan Christus. Christus het julle gered, en julle is heeltemal soos Hy wil hê julle moet wees. Christus is sterker as almal en alles wat oor die wêreld wil regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat julle in ’n hegte verhouding met Hom staan, kry julle weer by Hom alles wat julle op geestelike gebied nodig mag hê. Hy sorg dat julle niks kortkom nie. Hy is mos die Een wat mag uitoefen oor alle magte, ook oor die geestelike magte.