Colossians 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat 'n skaduwee is van toekomstige dinge; maar die liggaam is van Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Al hier­die dinge is net ’n skaduwee van wat sou kom. Die ware werklikheid is Chris­tus!
Afrikaans 1933/1953
wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Afrikaans 1983
Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie dinge is net 'n voorafskaduwing van dit wat aan die kom was, maar die werklikheid is Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al daardie wette en feeste was soos skaduwees, dit was minder belangrik. Dit het net gewys eendag sal die Een kom wat regtig belangrik is, dit is Christus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê nou jou beste vriend kom na jou toe, wat sal jy omhels, sy skaduwee of vir hom? Natuurlik vir hom. Dan sal julle verstaan wat ek bedoel as ek sê: die klomp feeste en kos wat vir hierdie mense so heilig is, is maar ’n skaduwee van die Een wat regtig heilig is. Omhels Christus daarom liewer; Hy is immers die inhoud van julle godsdiens. Omdat Hy daar is, is julle godsdiens mos daar.